Skip to main content
aartappelboerdery

NIMITZ®: ‘n Revolusionêre aalwurmdoder

Ontdek Nimitz, 'n revolusionêre aalwurmdoder wat deur duisende proewe gerugsteun word. Leer hoe Nimitz voortreflike aalwurmbeheer lewer en potensieel opbrengs verhoog in vergelyking met toonaangewende oplossings.
aartappelboerdery

NIMITZ® is ’n innoverende aalwurmdoder wat fluensulfoon bevat. Dit bied uitsonderlike verrigting vir die beheer van knopwortel-aalwurms (Meloidogyne-spp.). Binne een uur ná kontak hou aalwurms op voed. Algehele vrekte van alle aktiewe stadiums van die aalwurmlewensiklus word na 72 uur bereik. NIMITZ® het ook ’n baie gunstige toksikologiese profiel.

Innovering

  • Unieke metode van werking. 
  • NIMITZ® vernietig die teiken op kontak deur permanente verlamming en dood te veroorsaak.

Verrigting

  • Navorsingsdata van meer as 1 000 praktiese proefnemings bewys NIMITZ® keer oesverliese weens die dramatiese daling in aalwurmbevolkings voor plant.
  • NIMITZ® bied uitstekende wortelbeskerming. 

NIMITZ® - REVOLUSIONÊRE AALWURMBEHEER

Hoekom NIMITZ®?

NIMITZ® se aktiewe bestanddeel – fluensulfoon is uniek. Die manier van werking verskil heeltemal van ander aalwurmprodukte op die mark. Daar is geen kruisweerstand met ander aktiewe nie. Alhoewel die presiese manier van werking nog ontbreek, kan met sekerheid gesê word dat die energiegewende prosesse en organelle in aalwurms buite aksie gestel word.

NIMITZ® verhoed ook dat die eiers van aalwurms uitbroei. Dit verlaag sodoende die aanvanklike populasie wat later in die seisoen kan probleme veroorsaak. Daarom moet dit voor plant toegedien word.

Veiligheid & Volhoubaarheid

  • Voordelige grondorganismes word nie benadeel nie.

  • Versoenbaar met biobeheer-agente.

  • Veiliger vir die gebruiker en die omgewing.

Lees altyd die etiket noukeurig en wend streng aan volgens die aanwysings op die etiket. 

Eienskappe en voordele

  • Uitstekende beheer van belangrike aalwurmplae in verskillende gewasse.
  • Ware aalwurm-dodende aksie en nie bloot aalwurm- verlammend nie. 

Figuur 1. NIMITZ® behandeling voor plant gee lang effek agv eierdodende eienskappe.

 

  • Na kontak met  NIMITZ®is die effek permanent selfs al beweeg die aktief uit die kontaksone. 
  • Nie tot op hede onderhewig aan verhoogde degradering soos organofosfaat- en karbamaataalwurmdoders nie
  • Versoenbaar met geïntegreerde plaagbestuur.
  • Gemaksimaliseerde potensiaal van gewasse en groter opbrengs vir boere.
  • Geen belegging in bykomende toedieningstoerusting nodig nie.
  • Vertroue dat doeltreffende aalwurmbeheer nou en in die toekoms bereik sal word wanneer in doeltreffende beheerstrategie gebruik word.
  • Hoogs doeltreffend teen vatbare aalwurms, maar met minimale impak op nie-teiken spesies.

Doeltreffendheid

NIMITZ® is sedert 2007 oor die wêreld heen grondig getoets. Duisende proefnemings is oor die wêreld heen gedoen, van toetse in petribakkies in laboratoriums tot kweekhuis-, pottoetse, klein plot-gerepliseerde veldtoetse en volskaalse veldtoetse.

In veldtoetse het NIMITZ® konsekwent gelyke of beter aalwurmbeheer getoon wanneer dit met die geregistreerde standaard aalwurmdoders of -berokingsmiddels vergelyk is.

  Figuur 2. Kwaliteitsverskille waar Nimitz gebruik was.

In baie toetse het die beter aalwurmbeheer wat deur NIMITZ® bereik is, ’n beduidende toename

in opbrengs tot gevolg gehad. In aartappels is gevind dat die kwaliteit en grootteverspreiding ook meer gunstig was.

 

NIMITZ®: Aktiewe bestanddeel fluensulfoon (heterosikliese fluoro-alkenielsulfoon) | Reg nr. met verwysing na Wet 36 van 1947: L10436 | Adres van registrasiehouer: Jip de Jagerrylaan 99, The Vineyards-kantoorlandgoed, Simeka House. De Bron 7530, Suid-Afrika. NIMITZ® is ’n geregistreerde handelsmerk van ’n maatskappy van die ADAMA GROEP.

 

WAARSKUWINGS

  • Kan skadelik wees indien ingesluk word.
  • Mag dodelik/noodlottig wees indien ingesluk word en in die lugweg inbeweeg.
  • Kan longskade veroorsaak indien ingesluk word.
  • Veroorsaak ligte velirritasie.
  • Veroorsaak ernstige oogirritasie.
  • Herhaaldelike blootstelling kan allergiese reaksies tot gevolg hê.
  • Mag ‘n allergiese velreaksie veroorsaak. Langdurige of gereelde, herhaaldelike velkontak mag allergiese reaksies in sommige individue veroorsaak.
  • Baie toksies vir akwatiese lewe met langdurige effek.
  • Berg in ′n koel, goed geventileerde plek, weg van voedsel en voer. 
  • Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
  • Hertoegang: Moet nie in die behandelde gebied ingaan voordat die spuitstof droog geword het nie, tensy beskermende klere gedra word; handhaaf verkieslik ‘n 24-uur hertoegangstydperk.

Lees die etiket en volg die instruksies